Die onderhoud van hierdie webblad word maandeliks geborg deur:

 

 Elna Esterhuyse, Fisioterapeut, Sparsentrum, Vredendal

Tel: 027 213 3303 of 083 7011 316

<bgsound src="DE VIRGIN MARY.mp3" loop="infinite">

Jy leer ander maar min deur wat jy sê.

Jy leer deur wie en wat jy is.                                                              Henrietta C. Mears

SkoolwapenHoofingang van skoolgebou

Baie welkom by die amptelike webblad van Laerskool Klawer.

 

Ons poog om met hierdie  webblad te weerspieël wat by hierdie skool, aan die oewer van die Olifantsrivier, gebeur!

 

Die skool speel al meer as 100 jaar ‘n opbouende rol in vele mense se lewens en vandag poog die skool steeds om ‘n positiewe bydrae tot die lewens van die leerders, die gemeenskap en streek te maak.

 

Ons nooi leerders uit om die wêreld in die kleine te kom ervaar. Ons daag ons opvoeders uit om werklik ‘n verskil te maak in die lewens van elke kind en ons nooi ons ouers uit om vennote te raak van die edelste van beroepe, onderwys.

 

Selfs ‘n honderd kilometerlange pad benodig die eerste treetjie. Ons wil graag hierdie eerste treetjie na volwaardige volwassenheid met ons leerders loop!

 

Vriendelike groete

 

Johann Esterhuyse

Skoolhoof

Boodskap van die Skoolhoof

Kantoor van SkoolhoofN7-Roetekaart na Klawer via KaapstadBlou wilde klawerblomDoringrivier kanovaartAdvertensieprent van RittelfeesRittelfeesSkoolterreinKlawer hoofstraatRittelfees logo

Tuisblad

Missie van die skool

Geskiedkundige Oorsig

Personeel-

besonderhede

Onderrigstrategie

Khanya

Buitemuurse bedrywighede

Skooldrag en Tariewe

Skoolkwartale en Vakansiedae

Akademiese Personeel

KLIK HIER OM OMSENDBRIEF AF TE LAAI
http://www.adobe.com/products/acrobat/readstep2.html

Laerskool Klawer

Kennis oorwin

Suid-Afrika my land, Laerskool Klawer, my skool!

Ligging

Laerskool Klawer is geleë op die oewers van die Olifantsrivier, wat kronkel deur die lowergroen wingerde van die omgewing.

 

Gedurende blommetyd word die omgewing  in ‘n ware paradys omskep. Die dorp het sy naam te danke aan die wilde klawer wat in die omgewing groei.


Die nabygeleë Doringrivier is gesog vir vlotvaart en ekspedisies. Besoekers kan ook kom proe aan die lekker wyn van die Klawer Wynkelder langs die N7 op pad na Kaapstad.

 

Klawer is die sentrale punt waarvandaan plekke soos Vredendal, Strandfontein, Lambertsbaai, Clanwilliam en Vanrhynsdorp maklik bereik kan word.

 

Klawer is nie sommer net ‘n klein dorpie nie. Dit is deel van die groot Rittelfees wat jaarliks in die omgewing gehou word en baie toeriste lok. Sien die webwerf wat meer oor die fees vertel: http://www.rittelfees.co.za

 

Die skool is mede verantwoordelik vir die beplanning en organisering van feesvieringe op die dorp.

Herlaai die webblad om die nuutste veranderinge te vertoon.

Projekte
Fotogalery
Videogalery
Steunpersoneel

Tel: 027 216 1507

Faks: 027 216 1108

E-pos: hoof@lsklawer.co.za

Telefoon

Posbus 100
Klawer
8145

Webmeesters: Heesen Productions

Tel: 021 801 7485
Faks: 086 560 7485

E-pos: julian@heesenproductions.co.za  

emmeline@heesenproductions.co.za  

Webwerf: http://www.heesenproductions.co.za

Posbus@

Kontak Ons: