|
1905 |
Laerskool Klawer het ‘n lang pad geloop
vanaf die eerste pogings om onderwys aan die inwoners van Klawer beskikbaar
te stel. Die eerste skool was op die
plaas WINDHOEK, net buite die dorp, geleë.
Daar was 11 leerders en die skool het bekend gestaan as WINDHOEK POOR SCHOOL. Die eerste
opvoeder was Me Sanet Smit. Sy was ongekwalifiseerd en was besoldig deur die
plaaseienaar, mnr. J. Nieuwoudt. Die
tweede opvoeders was Me. Du Toit en sy was wel gekwalifiseerd. |
|||
|
1920 |
Teen die einde van 1920 was daar 18 leerders en verkry die status van primêre skool. Aan die einde van 1923 verskuif die skool na die dorp en word dit gehuisves in twee vertrekke in Valleistraat. Die vertrekke sou later die woonhuis op die skoolterrein word. Die getalle het egter gegroei en ‘n derde klaskamer is ingerig in die bouvallige garage op die terrein. Die 30 leerders het daar op parafienkissies hul onderrig ontvang. |
|||
|
|
Hoof |
Valleistraat |
Skoolstraat |
Hoof |
|
1927 |
Mnr. RA van Rensburg (vanaf 1 April 1927 - einde 1934) |
Hierdie jaar word die eerste drieklaskamers van die Valleistraat-gebou gebou. Die tydelike klaskamers word toe omskep in ‘n opvoederswoning en daar word toe nog een slaapkamer daar aangebou. |
|
|
|
1935 |
Mnr. JH du Preez Mnr.
PJS du Toit |
Neem tydelik as hoof waar vanaf Januarie - Maart 1935 Volwaardige
hoof vanaf 1 April 1935. |
|
|
|
1936 |
|
Die biblioteekkamer word opgerig. Die vertrekkie staan steeds daar en die los boekrakke word steeds in die huidige Laerskool Klawer in Skoolstraat gebruik. |
|
|
|
1938 |
|
Die skool het 105 leerders en die volgende uitbreidings word aangevra: -nog ‘n klaskamer - ‘n personeelkamer - ‘n verskuifbare partisie tussen twee bestaande klaskamers. |
|
|
|
1940 |
|
Bogenoemde uitbreidings word hierdie jaar gedoen. |
|
|
|
1941 |
Mnr.
NJL Joubert (vanaf 1 Januarie) |
Gedurende hierdie jaar word daar ook aangebou aan die opvoederswoning. |
|
|
|
1942 |
|
‘n Stuk grond(1/2 morg) van die skool se grond word aan die NG KERK van Vanrhynsdorp getransporteer. Die eerste kerksaal word gebou en skool kan die saal gratis gebruik. Dit word vandag as dorpsbiblioteek onder die bekwame hande van Me. Mostert bedryf. |
|
|
|
1944 |
|
Die skool kry sy eerste telefoon. |
|
|
|
1945 |
|
Aparte kleedkamers word vir dogters en seuns gebou. Wat die toedrag van sake hiervoor was, is nie duidlik nie. |
|
|
|
1949 |
|
Aansoek vir nog drie klaskamers word gedoen. |
|
|
|
1952 |
|
‘n Opslaangebou wat uit twee klaskamers, ‘n kuns- en handwerklokaal, ‘n sopkombuis en ‘n personeelkamer bestaan word opgerig. Die kerksaal (vandag se dorpsbiblioteek) word van die kerk gehuur om grade 1 en 2 te huisves. |
Gedurende September van hierdie jaar word 2 morg grond aan die Departement van Onderwys deur Mnre. Gert en Maans Nieuwoudt geskenk. Nog twee morg word aan die departement verkoop en die gedagte aan ‘n Junior Sekondêre Skool word gebore. Toestemming vir die skool word ook verleen, maar die skool mag nie voor 1956 gebou word nie. |
|
|
1955 |
|
|
Mnr. Gert Nieuwoudt, ook van die plaas WINDHOEK, willig in om die eerste skool te bou. Op 24 Januarie 1955 open die Klawer Sekondêre Skool sy deure. Daar was 50 leerders en die skool word gehuisves in die lokale wat Mnr. Gert Nieuwoudt op perseel 123 aan Kanaalstraat gebou het. Die ou bouvallige gebou op perseel 55 wat bekend getaan het as HUIS HANNA, word ook tydelik as klaskamer gebruik. Die dak van Huis Hanna het glo so gelek dat die opvoeders sambrele moes gebruik terwyl hulle onderrig het! |
RK de
Villiers |
|
1954 |
WJ
Vermeulen (Vanaf 1 April 1954) |
|
|
|
|
1958 |
|
Die persooneelkamer wat toe nog in die opslaangebou gehuisves was, word omskep in nog ‘n klaskamer en gedurende Augustus word planne vir nuwe klaskamers ontvang en goedgekeur en dit word gedurende 1960 gebou. |
Op 31 Maart 1958 verlaat Mnr. RK de Villiers vir Klawer en die nuwe hoof wat hom opvolg is Mnr. JPJ Smit. |
JPJ Smit (vanaf 1 April 1958 |
|
1959 |
|
Dit sal later bekend word dat dit die jaar is waar die twee skole die hoogste leerdergetalle gehad het, naamlik 252 en 118 vir die laerskool en die sekondêre skool. ‘n Totaal van 370 leerders vir die twee skole saam. |
Die bouery aan die nuwe Sekondêre Skool begin op perseel 153 aan die oostekant van die kanaal. Op 18 September 1959 word die hoeksteen deur Dr. Otto du Plessis , destydse Administrateur van Kaapland, gelê. |
|
|
1960 |
|
Nuwe klaskamers wat in 1958 goedgekeur is, word gebou. |
Op 12 Mei 1960 word die nuwe gebou geopen deur die destydse Superintendent-generaal van Onderwys, Mnr. Liebenberg. |
|
|
1961 |
|
Die amptelike inwyding van voltooide skool vind plaas op 14 April 1961. Die skool se eerste luidspreker word aangekoop. |
|
|
|
1962 |
|
‘n Nuwe klavier word vir die skool aangekoop. |
|
|
|
1963 |
|
|
Mnr. JPJ Smit verlaat vir Klawer aan die einde van Junie. |
LC Groenewald neem waar as hoof tot die einde van 1963 |
|
1964 |
|
Die skool beleef ‘n rustige tydperk en groeiende getalle as gevolg van die Nasionale Padkamp. |
Die skool beleef ‘n rustige tydperk en groeiende getalle as gevolg van die Nasionale Padkamp. |
MC van Wyk (vanaf 1 Januarie 1964) |
|
1965 |
|
Verdere aanbouings word goedgekeur. Dit sou sou twee permanente klaskamer en ‘n houtwerklokaal insluit. |
|
|
|
1969 |
|
R 64 000 word bewillig vir die bou van ‘n skoolsaal. Die Nasioanle Padkamp word verskuif en die leerdergetalle begin om te daal. |
Die Nasioanle Padkamp word verskuif en die leerdergetalle begin om te daal. |
|
|
1971 |
|
Die skool se eerste sekretaresse word aangestel, naamlik me. Wilma Tredoux. |
|
|
|
1972 |
|
Fondsinsameling word gehou vir die aankoop van saalstoele en gordyne vir die nuwe skoolsaal. Planne word beraan vir die viering van die 50-ste bestaansjaar van Laerskool Klawer. Die nuwe skoolsaal sou terselfdertyd op 1 Mei 1972 ingewy word. Die viering het egter nooit plaasgevind nie, aangesien Laerskool Klawer en die Sekondêre in 1973 geamalgameer het. |
Mnr. MC van Wyk verlaat Klawer aan die einde van Maart 1972. |
LC Groenewald (vanaf 1 April 1972) Sou later ook as hoof optree vir die geamalgameerde skool. |
|
1973 |
|
Die jaar sou bekend word as die sterfjaar van Laerskool Klawer. |
Onderhandlings om te amalgameer met die laerskool. |
|
|
1974 |
|
Die nuwe KLAWER MIDDELBARE SKOOL open sy deure. Die onderskied tussen laer- en sekondêre skool hiermee beëindig word. Die Middelbare Skool was geakkommodeer in albei skoolgeboue in Valleistraat (laerskool-gebou) en in Skoolstraat (Sekondêre skool-gebou). Grade 1 tot 4 in Valleistraat en grade 5 tot 9 in Skoolsrtaat |
|
|
|
1982 |
|
|
Mnr. LC Groenewald tree na 10 jaar as skoolhoof af. |
|
|
1983 |
|
|
|
CF Brink (vanaf 1 Januarie 1983 – einde 1984) |
|
1985 |
|
|
Nuwe skoolhoof word aangestel. Hy is ‘n oud-leerder van Klawer se skole. Vandag staan die skool se jaarlikse gholfdag bekend as: ELI MARITZ GHOLFDAG. Vanaf 1985 tot 1990 wissel die leerdergetalle tussen 125 en 135. Om hierdie rede verloor die skole later grade 8 en 9. |
E. Maritz (vanaf 1 Januarie 1985 – 31 Desember 1996) |
|
1990 |
|
Middelbare Skool verloor grade 8 en 9 en sal voortaan slegs grade tot graad 7 onderrig. Die skool se naam verander weer na LAERSKOOL KLAWER. |
|
|
|
1990 |
|
Grade 1 tot 4 word in Valleistraat onderrig |
Grade 5 tot 7 word in Skoolstraat onderrig |
|
|
1994 |
|
Die
skool begin met rekenaaropleiding vir leerders met twee 286-rekenaars. Aan
die stuur van sake staan PJ Esterhuyse, wat later die skoolhoof van Laerskool
Klawer sou word. |
|
|
|
1995 |
|
Die Valleistraat-gebou word verkoop en in woonstelle en ‘n woonhuis deur Mnr. Mulder omskep. |
In die loop van hierdie jaar verksuif alle leerders na die Skoolstraat-gebou en alle grade 1 tot 7 word hier onderrig. |
|
|
1996 |
|
|
Mnr. Eli Maritz tree uit na 12 as hoof. |
|
|
1997 |
|
|
Die skool het 145 leerders en 7 opvoeders, ‘n musiekopvoeder en vier steunpersoneellede wat deur KOD besoldig word. |
PJ Esterhuyse (vanaf 1 Januarie 1997) |
|
2003 |
|
|
‘n Lapa vir sosialisering word by die skool opgerig. Mnr.Groenwald behartig hierdie projek. |
|
|
2004 |
|
|
Die skool begin die eerste streek-eisteddfod. Dit staan bekend as KLAWER KUNSTE |
|
|
2006 |
|
|
Rugbyveld word vergroot om ruimte te skep vir ‘n standaard atletiekbaan rondom. Die grondverskuiwing beloop ongeveer R 50 000! |
|
|
2009 |
|
|
Die skool het ongeveer 190
leerders, 7 opvoeders waarvan twee deur die SBL besoldig word en vyf deur
WKOD besoldig word. Musiekonderrig is geprivatiseer en vind gedurende
skoolure plaas. Die RUGBYVELD en ATLETIEKBAAN word voltooi. Voldoende sitplekke is aangebring aan die kant van die veld/baan en die skool stel hul beskikbaar om die jaarlikse NWB-atletiek byeenkomste vir laerskole aan te bied. Die skoolgebou waar Laerskool Klawer vandag in
Skoolstraat gehuisves word , word ‘n halfeeu oud. |
|
|
2010 |
|
|
Die skool het ongeveer 200 leerders, 7 opvoeders
waarvan twee deur die SBL besoldig word en vyf deur WKOD besoldig word.
Musiekonderrig is geprivatiseer en vind gedurende skoolure plaas. |
|
|
2011 |
|
|
‘n Nuwe graad R-kompleks
word deur WKOD gebou. Die eerste graad R-leerders betrek die KLAWER
KLOUERS-kampus. Die eerste amptelike, ingeskrewe Graad R-leerders was, Mulan
Welgemoed. Me. Helena Janse van Rensburg word die die eerste aangestelde
Graad R-onderwyseres van Laerskool Klawer. |
|
|
2013 |
|
|
Die skool het ongeveer 220
leerders, 9 opvoeders waarvan drie deur die SBL besoldig word en ses deur
WKOD besoldig word. Musiekonderrig is geprivatiseer en word aangebied
deur twee deeltydse musiekonderwysers. |
|